Landboukollege Vrystaat
Dit is hiér waar ons studente toerus met vaardighede om hulself, ander en die gemeenskap te transformeer.
Welkom by Landboukollege Vrystaat
Welkom by Landboukollege Vrystaat (LBKV) – ’n toonaangewende Afrikaanse landbou-instelling waar praktyk en kundigheid saamwerk om die volgende generasie landbouleiers te vorm. Hier ontvang studente nie net hoë gehalte-akademiese onderrig nie, maar ook daaglikse, hand-aan-die-plaas-ervaring op diverse produksie-eenhede.
Ons klein klasse, toegewyde personeel en wêreldklas standaarde maak LBKV ’n plek waar studente kan groei, hul vaardighede kan slyp en hul passie vir landbou kan uitleef. Of jy ’n toekomstige produsent, tegniese spesialis of landbou-entrepreneur is, hier lê die fondament vir ’n sterk, selfversekerde toekoms in die landboubedryf.
Welkom by die Kwaggas-familie!
Leer Begin By Ons
Landboukollege Vrystaat bied ’n ondersteunende en inspirerende omgewing vir jong, ondersoekende leerders deur saam hulle te leer en te groei. LBKV kweek nie net ’n passie vir leer nie, maar ook uitstaande resultate. LBKV streef daarna om selfversekerde en kreatiewe denkers te bou en is doelgerig om ’n opvoeding te lewer wat werklik relevant vir die toekoms is.
LBKV is ’n akademie wat gefokus is om Afrikaanssprekende landboustudente die geleentheid te bied om ’n Landboudiploma te verwerf. Ons studente stap uit met die karakter en selfvertroue om hul merk in die wêreld te maak, toegerus met die kennis en werklike vaardighede wat hulle vêr vooruit neem in die landboubedryf.








Ons poog om ons studente te inspireer om meer te droom, meer te leer, meer te doen en meer te word in hul onderskeie lewensreise.
